Sunday, August 26, 2012

Boere-fiksie: Die Besoeking

besoekingApologies to readers not fluent in Afrikaans, but I am placing this as a favour to a friend who obtained these books and indicated that they are some of the best Afrikaans fiction available today.  The writer supplies these books in printed, e-book or CD format.  Funds are only generated from voluntary contributions after reading the first e-book in the series.  The writer also supports various Boer charitable organisations with his work.

skriknag

 

 

 

 

Uit die pen van die skrywer:

Tikkie geskiedenis agter hierdie skrywe.

In 2003 het die verhaal van die Besoeking baie duidelik in my gedagtegang begin leef.  Ek het gereken dat dit een van die mooiste verhale sal uitmaak en ek het gedink om dit te begin skryf.

Eers in 2009 kon ek 'n rekenaar bekom en ek het leer tik en die eerste boek begin skryf.

Die Bloedwreker is inderwaarheid slegs 'n karakterskets van karakters wat ek verder in die boek wil gebruik (in deel 2 tot 4).  Hierdie verhaal (die Bloedwreker) is egter so goed en wonderlik uniek dat my lesers dit as die beste fiksieverhaal beskou wat hulle ooit teegekom het.  Met geen fondse om te bemark en weens die politiese onkorrektheid van hierdie verhaal, kon ek my leserstal tot slegs sowat 20 mense uitbrei.  Dit is baie frustrerend vir 'n kunstenaar (as jy dit so wil noem) dat sy werk, alhoewel wonderlik, nie die verdiende blootstelling geniet nie. Dan nou weer, hierdie is nie 'n regverdige wêreld nie.  Ek weet van boksers wat beter is as enige iemand wat ons nog in die kryt gesien het, maar hulle kry nooit die kans om na die big leages toe te beweeg nie, want als in hierdie wêreld word gekontroleer (veral as daar geld betrokke is) en dit gaan oor wie die geld en aansien en mag beheer en hulle besluit wie in die lig mag verskyn.

Uit moedeloosheid, het ek naderahnd ophou skryf vanweë die feit dat mens nie so hard kan werk vir net 20 lesers nie.  Ek het 'n baie harde tyd om my karige besigheid aan die gang te hou, waarvan dit meer tyd en energie neem om werk te probeer inwin en te gaan haal en aflewer as wat dit is om fisies net te werk aan die masjiene.  Die ekonomie is boos en alles wat mens doen, moet mens voor betaal word.  Skryfwerk was dus iets van die verlede.

Onlangs het ek besluit om my besigheid op Facebook te plaas.  Ek het 'n rekening op FB geopen en al die koop en verkoop profiele bevriend asook die groepe wat dinge bespreek soos die situasie van die land en ook die Suidlanders.

Ek het besluit om Bloedwreker te adverteer op die blad as eBoek en dit gratis te stuur na belangstellendes se e-pos adresse.

Die reaksie was goed. Ek het by die Suidlanders alleen oor die 100 versoeke gekry.  Daarna het laRochelle Kok en komaandant Adriaan en baie van julle (julle weet wie julle is) vir my geadverteer en my leserstal staan vandag oor die 300, as ek reg tel.

Die reaksie en terugvoer was verstommend!  Ek het nou nog die e-posse waar mense onder andere, die volgende te se het:

"Dit was die beste fiksie wat ek in my lewe gelees het." (hierdie oopmerking kom by meer as 50% van my lesers voor)

"Ek lees nooit fiksie nie, maar hierdie boek het my so geboei dat ek dit nie kon neersit nie.  Waar kan ek die volgende een bestel?"

"Ek kon eenvoudig nie die boek neersit nie."

"Ek het dernag gelees.  Kon net nie ophou nie."

"Ek moes van die werk af vat.  Dis onmoontlik om die boek neer te sit as jy begin lees."

"Ek het die boek al 6 keer gelees!"

En so kan ek voortgaan.  Die boek het 'n geweldige reaksie gekry en daar is nou al 'n groep gestig op Faceboek, wat net oor die boek handel.  Ongelooflik.  Facebook: "die Bloedwreker in persepsie."

Mense het aan my gesit om Skriknag klaar te skryf.  Mense het my by my huis kom besoek (baie lieflike mense wie ek nou met baie waardering ons vriende kan noem).  Vreemdelinge het my gebel.  Ek kry e-posse vanoor ons land en uit die buiteland oor die Bloedwreker en dit gons behoorlik.

Ek dink die sukses le daarin dat Bloedwreker gratis uitgegee word en as vertoonvenster dien vir die res van die boek - die ander drie dele. Mense sien hoe litirere fiksie MEER opwindend kan wees as enige rolprent selfs.

Bloedwreker moet altyd gratis bly in e-formaat.

Baie mense en ek bedoel baie, het aangebied om te betaal.  Maar ek weier.  Die eerste boek bly gratis.  Ek hou by die resep, want dit werk.

Vir die volgende boeke, vra ek 'n donasie van R50 slegs vir mense wat NIE onder finansiele druk verkeer en hulself dus te na kom nie.

VRIENDE, FAMILIE, WERKLOSE MENSE EN ALMAL WAT HIERDIE SKRYWE NIE AANGEVRA HET NIE - GEEN BETALING ASSEBLIEF!

En vir my lesers wat WIL en KAN betaal, baie-baie dankie.  Dit sal help.

Op bl-3 van Bloedwreker, is al ons bankbesonderhede.  Daar is 'n Poskantoor-spaarrekening ook, vir die mense wie in klein dorpies woon en nie naby 'n bank is nie.

LEES EERS die fiksie en besluit dan of jy wil betaal.  Die reaksie wat ek van Bloedwreker gekry het, dui egter daarop dat mense graag bydra.  Die wat nie kan nie, dis vir my 'n eer om dit vir jou gratis te gee.  Hierdie fiksie behoort aan die volk.

Kopiereg

Hiermee gee ek toestemming vir ieder en elk (van my volk) om hierdie e-pos, met attachments, te versprei en ek vra ook ASSEBLIEF dat jy dit vir soveel moontlik van jou kontakte stuur.  Dit werk so: mense lees die boeke en hulle WIL sommer spontaan betaal.  Soos julle kan sien hierbo.  Die betaling is egter totaal vrywillig.

Stuur egter die hierdie e-pos in sy volle aan, sodat mense weet waaroor hierdie boeke gaan en hoe die bydrae werk.

Bloedwreker - geredigeer

Delete asb jou vorige kopie van Bloedwreker en laai asb hierdie een af.  Alle gepubliseerde kopiee moet asb van die net verwyder word en vervang word met hierdie weergawe.

Kommandant Adriaan, jy mag die tweede boek ook op jou Fb-blad publiseer. Dis vir my 'n voorreg.

Ek glo julle gaan die hoendervleis-hoofstuk: DAG AGT in detail bespreek op daardie blad.

Omtrent Skriknag

Die karakter Dries Bester is totaal op my stiefpa se ware karakter geskoei.  Selfs sy naam Dries, het ek hier gebruik.  Sy van is egter van Eden en nie Bester nie.  Ek weet nou al dat hy julle gunsteling karakter in die boek sal wees.  Hy was in die werklike lewe bykans 99% net soos ek hom hier uitbeeld.

En voor ek afsluit, wil ek vir julle se...die Rooivarke bestaan.  Nie alles in die boek is fiksie nie. :-)

(En ek weet baie van julle gaan aansluit) *knip-oog*

Geniet Skriknag.

En vir die nuwe mense wat nou begin met Bloedwreker - welkom by die familie.

Dankie vir almal wat my weer laat skryf het.

Ek weet van julle kan nie wag om te begin lees nie.

Val weg!

K van Eden

Stuur epos aan: diebesoeking[by]gmail.com – die skrywer sal jou kontak

0 Opinion(s):